Micro-organisme Selle en Simbiose met Plante
- zak1496
- Mar 24, 2024
- 2 min read

Ek deel graag my passie vir die natuur en die remedieëring van die omgewing met julle. Lewe bestaan uit selle en alles wat lewe bevat selle en die klein selletjies wat ons nie met die blote oog kan sien nie, verseker die voortbestaan van alle lewe. Die mens, diere en plante bestaan uit dieselfde selle en die mees komplekse sel is die breinsel.
Ek het mikroörganismes begin bestudeer en navorsing daaroor begin doen en gevind dat hulle ook uit selle bestaan. Daar is byvoorbeeld meer mikroörganismes in n mens as menslike selle en by gesonde plante ook meer as plantselle. Sestig persent van die lewende gewig op aarde bestaan uit mikroorganismes en gesonde grond kan tot vyf ton mikros per hektaar huisves.
Tot my verbasing het ek gevind dat slegs 1% navorsing tot dusver op mikros gedoen is en slegs ongeveer 5% bekend is. Hierop het ek besef dat daar simbiose tussen selle moet wees en het ek my navorsing en studies meer diepgaande gedoen.
Mens-, dier- en plantselle is Eukaryotes selle met 'n permanente kern of beheersentrum wat DNA en RNA bevat. Dit vorm 'n feit dat hierdie selle met mekaar kan kommunikeer en in simbiose saamwerk. Daar bestaan triljoene eukaryotes mikroorganismes soos makro- en mikroalge, swamme en cyanobakterieë. Die minder komplekse Prokayotes organismes is kleiner bakterieë en Archaea en 'n gesprek op sy eie.
Mikroörganismes verseker die balans in die natuur soos oorkant die draad waar nog geen korrel chemiese kunsmis of spuitstof gebruik was nie. Hierdie plante kry hulle stikstof, koolstof, minerale elemente en voedingstowwe gratis en op die regte tyd wanneer hulle dit van die omgewing en mikroörganismes benodig.
Alles wat selle bevat, is lewendig en is organiese koolstof wanneer hulle sterf. Grond en sand is anorganies en sonder lewende selle is dit dood en onvrugbaar. Die grootste vyand vir selle is Chemiese produkte. As 'n mens chemiese antibiotika gebruik word probiotika wat bestaan uit organismes voorgeskryf om die dermbalans te herstel. As grond dood is, word Teiken Mikros aangewend om dit te herstel en die goue reel is dat plante wat in simbiose met mikroselle werk, grond gesond kan maak.
Comments