top of page
Search

Probiotika

  • zak1496
  • Apr 16, 2024
  • 1 min read


ree

Agri Silver Teiken Mikroorganismes is dieselfde as die behandeling met Probiotika. Dit word voorgeskryf sodra die Mikrobiome balans versteur was met chemikalie. 

 

Probiotika speel 'n kritieke rol in verskeie aspekte van menslike, dierlike, plant- en grondgesondheid:

 

Menslike Gesondheid:  Probiotika is voordelige bakterieë wat die spysvertering bevorder, die immuunstelsel versterk, en help om 'n gebalanseerde dermmikrobiome te handhaaf. NS: Mikroorganismes verteenwoordig 1-3% van die gewig van mense en diere. 

 

Plantgesondheid: Probiotika, dikwels verwys as plantgroei-bevorderende rhizobakterieë,   koloniseer die rhisfeer (wortelsone) van plante en dra by tot hul groei, ontwikkeling, en beskerming teen patogene. Hulle kan voedingstofopname verbeter, grondstruktuur verbeter, en plantweerstand bevorder teen omgewingsfaktore, asook Aminosure produseer.  Endofiete, die voordelige mikroörganismes wat binne plantweefsels woon, speel 'n kritieke rol in die bevordering van plantegroei, doen fotosintese, stikstof en koostof binding en beskerm plante teen patogene.

 

Grondgesondheid: Probiotika speel 'n belangrike rol in grondgesondheid deur grondvrugbaarheid, voedingstofsiklus, en algehele grondstruktuur te verbeter. Hulle kan help om organiese materiaal af te breek, atmosferiese stikstof en koolstof te bind, en skadelike patogene te onderdruk, wat bydra tot volhoubare landboupraktyke en ekosisteemstabiliteit.

 
 
 

Comments


bottom of page